La vraie vie en Russie ??
Last updated 8 months, 3 weeks ago
Last updated 3 months ago
Ek het vir lank teruggestaan en gelos dat dinge hulself laat uitspeel en uitsorteer. As n stigter van die Bittereinders was dit met tye baie moeilik om te sien hoe die organisasie wat ek aan gebou het met alles in my, deur ander verwoes en vernietig wou word.
Ek moes aankyk hoe die naam deur die modder gesleep is deur ander wat dit gebruik het vir hulle eie roem en naam.
Dit was wel die regte besluit.
Met alles wat gebeur het, het ons almal gesien hoe die “volksleiers” se ware kleure na voor kom en so ook die werklike leiers soos Francois van der Merwe vas bly staan het in die stryd terwyl almal om hom vou en hardloop vir skuiling.
Vandag is ek terug op my pos by my geliefde Bittereinders en saam sal ons herstel en die stryd voorsit.
-Justin Behr
‘n Mens se hart word warm wanneer jy sien hoe ons mense opstaan en saamstaan. Hier is ons nuwe boks klub, slegs drie weke in, en ons is alreeds so vol dat ons hierdie week 'n tweede sessie op n Donderdag (vandag) moes byvoeg.
Alles in hierdie klub is geborg of geleen deur die Bittereinders-gemeenskap. Nie een sak kom van dieselfde mense af nie, sommige het handskoene vir ander gekoop wat dit nie self kon bekostig nie. Die pads en die matte is geskenk, en so kon ons hierdie klub begin.
Daar is ‘n oorvloed van skoolseuns wat aangesluit het en hulle geniet dit vreeslik baie. Vertrou my, die fiksheid is nie ‘n grap nie, maar daar is net glimlagte op hulle gesigte. Dit is ons plig om ruimtes te skep vir ons jeug waar hulle op ‘n positiewe en gesonde manier bymekaar kan kom. Hier boks ons nie net nie, maar ons gaan die jonges ook leer van ons ware Boere geskiedenis. Daar is groot planne vir wat ons nog vir die jonges wil bied.
Vir die jong manne gaan daar ‘n aparte klas wees, maar vir nou is almal nog gemeng terwyl ons die beste tye vir al die groepe bepaal. Ons jong manne gaan saam skiet, stap en kamp. Ons gaan ook ouer manne in die volkstryd kry om hulle vaardighede aan ons oor te dra. Daar sal ook sosiale geleenthede wees waar ons ‘n nouer band kan vorm.
Die Bittereinders Krygerbond is ‘n plek waar jong manne bymekaar kom wat weet dat daar iewers in die toekoms ‘n las op ons skouers geplaas gaan word. Ons neem die verantwoordelikheid op om onsself voor te berei vir die toekoms, sodat ons met trots en eer ons gesinne, gemeenskappe en Volk sal kan beskerm.
Die Krygerbond is ‘n gemeenskap van eendersdenkende volksgenote wat uit eie keuse besluit om betrokke te raak en ‘n verskil te maak. Om die land te verander en te verbeter, moet ons eers onsself verbeter en versterk. Dit is ons plig!
Alle klasse is gratis vir Bittereinders-lede, en ons beplan om nog klubs regoor die land oop te maak sodra ons eerste een sterk genoeg is.
Indien u nog nie n lid is nie maar die klasse wil bywoon kontak my gerus by 071 753 7683.
Indien u in hierdie inisiatief glo, vra ons u om aan te sluit by die Bittereinders of om ‘n donasie te maak, hetsy dit geldelik is of slegs ‘n springtou of twee. Ons sal enige ondersteuning waardeer.
Net so terloops, ons afrigter is n voormalige profesionele bokser, en ons het ook n paar amateur boksers wat uithelp.
God is met ons.
Bittereinders Groete
-Francois van der Merwe
071 753 7683
www.Bittereinders.co.za
[email protected]
“Die kinders van Israel moet laer opslaan elkeen
by sy vaandel by die veldtekens van hulle families...”
Numeri 2:2
★★★ Die Oranje Wit en Blou vlag
Die vertikale Oranje, Wit en Blou is in 1965 deur Hendrik Verwoerd voorgestel as 'n nuwe vlag vir Suid-Afrika, en is beskou as 'n "suiwer" vlag wat nie die Britse Ryk verteenwoodig nie.
Die kleure is gekies omdat dit die nasionale herkoms van ons volk verteenwoordig.
Die Afrikaner is afkomstig van die Nederlandse, Duitse, Franse en Anglo-Saksiese volke van Noordwes-Europa. Om al hierdie verskillende bevolkings te verenig, het hulle die Gereformeerde Protestantse geloof vanaf die Nederlandse en Franse setlaars aanvaar. Dit vorm die eerste pilaar van die Afrikaneridentiteit. Die tweede pilaar was die Afrikaanse taal.
★★★ Breëkoparend
Die Breëkoparend is een van die grootste en sterkste arende inheems aan sub-Sahara Afrika. Op sy bors is daar vyf spikkels wat die vorm van ’n Suiderkruis aanneem. Gedurende die afgelope paar eeue het hierdie arend 'n dramatiese afname in getalle ervaar as gevolg van verskeie faktore, en die voortbestaan van die arend word ernstig bedreig, iets wat ons Afrikaners moet besef.
Hierdie verskeie aspekte het 'n belangrike rol gespeel in ons besluit om die Breekoparend as 'n simbool vir ons beweging te aanvaar
Hierdie arend dien as 'n simbool van ons stryd in Afrika; daar is geen ander soos ons hier nie. Ons is vervolg vir ons uniekheid en ons kultuur. Ons sal slegs die regte pad kan stap as ons soewerein word.
★★★ Swaard en Fakkel
In Europese Heraldiek simboliseer ‘n swaard geregtigheid en dapperheid. Die Arend kyk in die rigting waarheen hy die swaard wys en dit verteenwoordig sy wil om geregtelik na onafhanklikheid te strewe.
Terselfdetyd hou hy n fakkel vas, dit verteenwoordig die wil van ons beweging om vorentoe te beweeg, en om ’lig in die duisternis’ te wees vir ons nasie.
★★★ Bybel
Die belangrikste aspek van die vlag is onbetwyfeld die Bybel, dit is oopgeslaan op Psalm 27:1 en lees:
“Die Here is my lig en my redder,
vir wie sou ek bang wees?
Die Here is my toevlug,
vir wie sou ek vrees?”
Die Here en Sy Woord is ons skerpste swaard en ons vrees niemand wie Sy Koningkryk en volgelinge teenstaan nie.
★★★Sonneblomme en Eikeblare
"Soek in die verlede vir dit wat goed en mooi is, en bou jou toekoms van hier af."
President Paul Kruger
Ons volk se herkoms is van kardinale belang en dit word voorgestel deur die twee sonneblomme wat die Zuid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) en die Oranje Vrystaat verteenwoordig. Die eikeblare beklemtoon die Afrikaner se krag, wysheid, standvastigheid, prestasie, en geloof.
★★★Leuse
NON NOBIS SED PRO PATRIAM
“Nie vir onself nie, maar vir die Vaderland”
Die Bittereinders is ’n beweging wat strewe om die verlore identiteit, sin van gemeenskap en broederskap van ons generasie te restoureer.
★★★ Hugenote kruis
Die Hugenote was Gereformeerde Protestante Christene in Frankryk, wat hulle oorsprong in die 16de eeu gehad het. In die 18de eeu is hulle verban en het hulle skuiling gevind aan die Kaap die Goeie Hoop.
'n Eedgenoot is iemand wat saam met andere deur 'n onderlinge eed verbonde is.
Ons eed is gesweer aan die Here op 16 Desember 1838 voor die Slag van Bloedrivier, 'n eed wat ons sal onderhou.
Boodskap van Tewie Wessels
Weer in Groblersdal.
Ek wil vandag net uit my pad uitgaan om vir tannie Marcelle Maritz te bedank vir alles wat sy beteken vir my. Tannie werk onverpoos agter die skerms en almal kon nog altyd net 'n oproep maak en tannie was daar om te help van probleme met veiligheid tot gesondheid.
Tannie is van die min in die politiek wat my opreg trots maak en ons Volk se belange ook trots steun.
Lief tannie baie??
'n Kort opdatering:
Die Bittereinders het Dantè (ons) se deel van die koste vir die transkripsie van die rekord betaal. Nadat baie druk toegepas is, het die EFF verlede week uiteindelik hul deel betaal en die prokureurs wat die SAMRK verteenwoordig, het vandag hul deel betaal.
Die transkribeerders sal nou voortgaan met die transkripsie van die rekord. Die omkeertyd is ongeveer tien dae.
Ons eerste konsep van die hoofde van betoog is 'n rukkie gelede gefinaliseer. Sodra ons die rekord ontvang het, sal ons senior advokaat die hoofde finaliseer. Sodra die dokument aan die EFF se prokureurs beteken is, moet hulle, hulle hoofde van argumente voorberei in reaksie op ons s'n. Sodra dit gedoen is, sal ons 'n datum van die regter versoek vir finale argumente.
Ons is UITERS dankbaar vir die Bittereinders, wat weereens in die bres getree het.
-Millie Westley
www.bittereinders.co.za
071 753 7683
[email protected]
https://www.facebook.com/share/p/jphmDV8tL6YJz2W2/?mibextid=xfxF2i
Log in or sign up to view
See posts, photos and more on Facebook.
Ondersteun vir Dries deur een van die volgende metodes:
*Vul die vorm op ons webtuiste in en skryf ñ brief wat ons sal oorhandig aan die Belgiese ambasade:
https://www.bittereinders.co.za/dries
Vul die google vorm in:
https://docs.google.com/forms/d/1OdH2dk5LdIWnaFsQgO5mV8dc6-rcct_YVpFqKQ3Nna4/viewform?pli=1&pli=1&edit_requested=true
Stuur ñ epos aan ons na:
[email protected]
Kom ons wys vir ons broers in Europa dat ons saam met hulle staan!
Hierdie aanval is nie net teen die Boer/Afrikaner in Suid-Afrika nie, maar teen alle trotse Blanke Volke oor die wereld heen.
Ons kan net wen as ons saam staan!
Bittereinders Groete
-Francois van der Merwe
Kom ons kyk of ons vir die prinses kan help. Versprei asseblief die video en kom ons staan hier op vir geregtigheid en vir klein Carlin.
Volg asseblief ook haar Facebook blad Vir meer inligting en gaan kyk na haar back a buddy.
https://www.facebook.com/share/X4y6NRpCUuTwgoui/?mibextid=qi2Omg
**Oom Dries Olivier het homself vandag gaan oorgee aan die polisie in Groblersdal en is gearresteer. Hy het verskyn in die landroshof en is daarna op borg van R5000 vrygelaat.
Hy sal weer die 4de April saam my en die ander drie manne in die hof op Groblersdal verskyn.
Op hierdie stadium kan ek u nie meer inligting gee nie, maar ek sal julle op hoogte hou tot die beste van my vermoë.
Bittereinders Groete
-Francois van der Merwe**
La vraie vie en Russie ??
Last updated 8 months, 3 weeks ago
Last updated 3 months ago